News

ANITA BESOEK WEER KOEDOESKLOOF

Posted on the 26th June 2013

Ek het 'n taamlike bedrywige Dwarsbar et al by Koedoeskloof beleef.  Eugene was weg en Debi (sy het my die tweede aand al die kombuis belet - nie eers croutons probeer maak nie).  Taamlik stresvol vir haar maar ek en Chili het toe maar die wyk geneem en baie gaan stap.  Ongelukkig is hy nie 'birder' vriendelik nie.  Spot enige verige dingetjie wat op die grond sit en storm daarop af.  Gelukkig kon ek darem wen met die wat bo in takke gesit het. Nietemin een middag sit ek en D toe af na die dammetjie op die Winkelplaas paadjie.  Ek noem dit maar Koning se dam.  Ongelooflik 'rewarding'.  Ons kon ons oë nie glo nie.  Binne 10 minute op die walle of op  in die spieëlgladde oppervlakte. 3 Verskillende Kingfishers (Pied, Malachite en Kingfisher) binne tref afstand van mekaar in een boom.  Onder wandel 'n Lepelaar en 'n Gewone Nag Reier naas mekaar op soek na hulle aandete.  Oorkant op die wal in 'n droë boom 'n paar Slangshalsvoëls en Witborskormorante.  In 'n boom op die dam 'n paar Rietruiers, op die wal 'n paar Kolganse en in die water swem die Geelbekeendjies tog te rustig. Te pragtig om die laatmiddag voëlgeluide op die water te kon hoor . Ons is toe haastig om weer by 'n driffie net buite die Buffelsdrift Bewarea uit tekom waar ons die vorige dag drie jong Grootkoningriethaantjies gesien het. Natuurlik het hulle nie vir ons gewag om weer lyf te wys nie maar op pad kon ons darem 'n pragtige Visarend paar hoog ten die kranse sien. Op dieselfde Koningsdam het ek die volgende oggend 'n Witrugeend gewaar.

Toe kom die Newtons gaste by Koedoeskloof aan.  Rev Dave en Darryn het Anton se kursus by Inkatha bygewoon en op jou aanbeveling Koedoeskloof toe gekom.  Ongelooflik 'nice' en uiters ywerige 'birders'. Konstant gewapen met verkykers en kameras en I-pads (of whatever) met Sasol Birds daarop geprogammeer. Volgende oggend met ontbyt wou hulle toe net buite op die dek sit.  En toe is dit kompleet asof die voëls van Koedoeskloof besluit het om 'n konsert te hou. Ongelooflik.  Die arme mense kon skaars ge-eet kry tydens die skouspel. Darryn reken toe die die wonderlikste 'hide' wat sy nog ooit besoek het - kompleet 'with breakfast thrown in'. Ongelukkig al wou ek hoe graag kon ek toe nie langer bly om hulle ongelooflike entoesiasme oor die volgende 2 dae te deel nie. Natuurlik kon hulle nie ophou om Anton se beuel te blaas nie - heeltemaal tereg ook. Het hulle vertel van die 'resident. Visarendpaar net buite die dorp op sommer so 'n simpel dammetjie nie.  Hoop hulle kon dit sien.  Ek kon ook Swartkop Kanaries en Rooivlerkstreepkoppies by die lys voeg. Hoop dit gaan stees beter met Issie.
Ouetehuis groete 
Anita
 

COMMENTS

1526
No current posts. Be the first to post a comment