News

ROOIVALKIES BY DANGER POINT

Posted on the 19th November 2012
Hallo almal. 

Wilfred Chivell het my gister een van die stunningste ervarings gegee deur my na sy huis toe te neem en in sy skuur die rock kestrels wat elke jaar daar broei en pas nes verlaat het te gaan besigtig. Dit was ongelooflik. Dié fotos is deur Wilfred geneem, maar ekself kon so naby kom met 'n blackberry dat ek gangbare fotos kon neem, maar natuurlik nie soos Wilfred s'n nie. Ek het aan hul probeer raak, maar dan byt hulle. Hulle is kliphardegat en ek kon my gesig maklik tot 10cm van hulle bring daar waar hul oral in Wilfred se garage sit. Hulle was ook besig om aan 'n dooie molslang te eet. 

Op een stadium het die ma my aangeval en my 'n harde klap teen die kop gegee terwyl ek by 'n leer opgeklim het.

In retrospek, dit was nie die regte ding vir my om aan hul te probeer raak en so naby aan hulle te kom nie. Toe ek die ma so ontstel toe weet ek, neem eerder die fotos met jou hart. Maar hoe wys ek dit vir ander mense wat naby aan my is dié klein wonderwerkies in hul eie reg.

Hulle was in my laaste gedagtes toe ek gaan slaap.
 
Deon Pitzer
 
(Ook ingesluit die detail van waar hulle oral rondbeweeg het. - Red.)
 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

COMMENTS

1464
No current posts. Be the first to post a comment