News

COMMENT ON THE AFRICAN PENGUIN & SEABIRDS REHABILITATION CENTRE AT KLEINBAAI

Posted on the 13th November 2014

(BirdLife Overberg club member Ilse Bigalke published this comment in 'Die Burger' of 13 November 2014. It is posted with her permission. For one, it highlights the development of the African Penguin and Seabird Rehabilitation Centre by the Dyer Island Conservation Trust at Kleinbaai. Alouise Lynch of DICT invited us to inspect the building in progress after our Hottentot Buttonquail outing last Saturday. We include some photographs. Follow progress at www.dict.org.za - Ed.)

Weens al die slegte nuus wat ons oordonder, gaan dit soms broekskeur om positief te bly. Die oorheersende sentiment is dat Suid-Afrika in die doldrums is en dat die rigtinggewende Nasionale Ontwikkelingsplan (Nop) met pres. Jacob Zuma as die keiser sonder klere bloot ’n papiertier sal bly.
Al was dit ’n gegewe, help dit nie dat die Nkandla-komitee Zuma se hande in onskuld gewas het nie. Voorts sal ek my hoed opeet as die nuwe polisie-ondersoek teen hom op enigiets anders as net nog ’n verontskuldiging uitloop.
Gelukkig word ’n mens ook gereeld verras en omgeboul deur inspirerende inisiatiewe wat lig in die tonnel bring.
Een hiervan is die reusevlag-projek wat in die Vallei van Verlatenheid in die Kamdeboo-distrik gestalte gaan kry.
Dié unieke Suid-Afrikaanse “vlag”, so groot soos 66 sokkervelde, sal uit die buitenste ruim sigbaar wees en het ten doel om die nasionale trots – wat sedert die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 getaan het – te laat herleef. Die swart driehoek sal deur sonpanele en die kleurbane deur 2,5 miljoen plante soos kaktusse en vetplante uitgebeeld word. ’n Buffersone van 34 ha sal uit spekbome, voedseltuine en medisinale plante bestaan.
Die projek sal krag aan 4 000 huishoudings verskaf en 700 heeltydse poste in ’n munisipaliteit met ’n werkloosheidsyfer van 40% skep. ’n Onderwysfonds word beoog om plaaslike skole te help en studiebeurse te verskaf.
Dit is die geesteskind van die advertensiemaatskappy FCB South Africa en word ondersteun deur die departement van omgewingsake, Toyota, Google en ’n aantal ander rolspelers. Die publiek kan ’n bydrae lewer deur plante “aan te neem” en hul vordering aanlyn dop te hou.
’n Ander merkwaardige projek is die nuwe pikkewyn-en-seevoël-rehabilitasiesentrum in Kleinbaai in die Overberg-distrik, wat die mees gesofistikeerde in sy soort ter wêreld is. Die mure staan al dakhoogte, en oliebesmette of beseerde voëls sal volgende jaar hier ’n toevlugsoord vind. Die Afrika-pikkewynbevolking het in die 20ste eeu met 94% afgeneem en verkeer in ’n kritieke uitwissingsgevaar.
Hierdie inisiatief sal meebring dat plaaslike pikkewyne wat in nood verkeer, nie meer die stres van ’n rit na die Sankub-sentrum by Kaapstad hoef te ervaar of die gevare ter see op pad terug na hul kolonies hoef te trotseer nie.
Die sentrum is nog ’n geesteskind van Wilfred Chivell, stigter van die Dyereiland-bewaringstrust (Dict). Dié nieregeringsorganisasie, wat in samewerking met CapeNature en die departement van omgewingsake funksioneer en die steun van borge soos Volkswagen geniet, onderneem unieke navorsingsprogramme ter bewaring van die Afrika-pikkewyn, die noorkapper-walvis en die grootwithaai, bied opvoedkundige programme oor omgewingsbewustheid aan en pak “groen”- en skoonmaakprojekte aan.
Dict neem plaaslike mense in diens en bemagtig hulle met opleidingsprogramme, is betrokke by ’n werkskeppings- en vaardigheidsontwikkelingsprojek in die gemeenskap, bied gereeld opvoedkundige dae vir kinders van die plaaslike skole aan en finansier nagraadse studie. Die hoofkantoor in Kleinbaai is die vergaderplek van talle rolspelers wat saamwerk om volhoubare mariene benutting, navorsing en bewaring, asook sosiaal-ekonomiese opheffing te verseker.
Die Nop is ’n inspirerende en gedetailleerde dokument wat deur alle Suid-Afrikaners gelees moet word. Bogenoemde twee visioenêre inisiatiewe gee gestalte aan die Nop se doelwitte van die bestryding van armoede, werkloosheid en klimaatsverandering, die versekering van voedselsekerheid en omgewingsvolhoubaarheid, asook vaardigheidsopleiding.
Projekte soos dié kan help om Suid-Afrika van ’n vallei van verlatenheid weer in ’n vallei van hoop te omskep.
Ilse Bigalke is ’n onafhanklike kommentator.

Building taking shape
Men at work

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alouise explaining process to Craig, Carin, Chris, Riaan & Paula

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

COMMENTS

1941
No current posts. Be the first to post a comment