News

TYGERBERG BIRD CLUB IN THE TANKWA

Posted on the 5th October 2012

(This article originally appeared in the summer edition of Kite, the e-newsletter of the Tygerberg Bird Club and is published with the permission of Lesley Teare, the editor. - Ed.)

Tankwa Naweek : 9 - 12 Augustus 2012

Wat ‘n wonderlike naweek, volgepak met “lifers”en lag, van nuwe voëls, eksentrieke padstal en sneeu.

Donderdag: Die dag het afgeskop met die inpak van die bagasie, Die landrover is gepak en oorgepak. Uiteindelik het Jane dit reggekry om al Linda en Marié se ekstras in te pas. Sjoe, dis baie bagasie vir 3 dae maar ons hoor daar is ‘n koue front op pad en ons waag geen kanse nie. Duvets en jasse word ingelaai. Uiteindelik vertrek ons na Ceres. Die groep ontmoet om 11 uur in die parkeer area in Ceres by die groot Luyt teken. Ons kry mooi balkies met ons name op en vertrek na Prince Alfred Hamlet. Almal staan in verwondering oor die sneeu bedekte berge in die verte en daar word kort-kort gestop vir fotos (minwetend van wat voorlê). Ons stop kort-kort om voëls te kyk. Brigid sien sommer “crested grebes” van pure opgewondendheid maar Linda help haar gou reg. Ons sien kopereende en ’n Cape Teal. Jenny en Noel deel hulle tweerigting radios met die landrover ‘birds’. Dit werk wonderlik want so behou die voorste kar kontak met die agterste een. Marié en Jenny kan mekaar die heeltyd inlig. As daar gestop word weet ons onmiddelik na watter voel ons soek. Sò kan ons ‘n Pale Chanting Goshawk per radio bevestig met mekaar. Ons ry oor Theronsberg Pas en span uit vir middagete oorkant die ou museum by Karoopoort Plaas. Groot is ons vreugde toe ons ‘n Protea Kanarie sien. Ons word beloon met ‘n Grey-backed Cisticola, Cape Batis, Fairy Flycatcher en ‘n Mountain Wheatear. Die nuwelinge ken nou ‘n Chestnut-vented Titbabbler, (dis nou ‘hind sight’ Aldus Gerald! Haha)

Om 3nm vertrek ons na ons blyplek. Die groep is in twee verdeel, Die Matroosbergers en die Klondykers. By Matroosberg vra hulle of ons die “Tygerberg Zoo” mense is! Die verblyf is heel luuks. Vier nuwe huisies en n groot saal waar ons elke aand bymekaar kom vir aandete. Die Klondyk groep se verblyf is in ‘n reuse ou plaas huis en kleiner huisies. Die huis het kaggels, warmwater sakke, baie verwarmers, elektriese komberse en dons duvets. Al die bagasie blyk toe om onnodig te wees want hierdie plek is ingerig vir koue. Daar word nes geskrop, die veerwarmers word aangeskakel. Hier gebeur die eerste blabs. Ina het nie die warmwater sak ordentlik toegedraai nie en ontdek dat haar hele bed nat is. Nou moet al die nat beddegoed eers voor die verwarmers gehang word voordat die Klondykers terugry na die saal by Matroosberg. Almal is gepantser teen die koue (beanies, serpe en dik jasse). Die saal is nuut, baie groot en koud, maar die gees is warm, lekker warm. Flukse Pierre het die vure al aangesteek en die verskeidenheid kos en voggies maak die tonge gou warm! 68 soorte voels is vandag gesien. Die aand word afgesluit met ‘n lifer dans en sang item van die “Landy Ladies”.

‘Klein Karoo, Ha-di-da, watse voël is dit darie, Ha-di-da, dis sowaar ‘n protea kanarie!”

Ja-nee, die glasie “brul-padda” wat Alex en René gebring het werk goed teen die koue!

Kevin vermaak ons met sy “o die donkie” sang. Anne en Brigid vertel van die vreemde trippelende wilde makou. Kevin diagnoseer dit as ‘n “mating dans”! Die Klondykers keer terug na hul kersie-boord en, nadat die diamant-gevulde hemelruim bekyk is, kruip almal in.

Vrydag: Dis die dag van die “chats”. Ons ry chat-chat weer uit op die Calvinia pad, Bespied die Namakwa Warbler en swartkop kanarie. Ons stop by die nie- funksioneerende ‘long drop’ en sien Layard’s Tit-Babbler en die Mountain Wheatear (chat). Teetyd is by Eierkop. Met groot opwinding sien ons die Eremomela. Gerald flush die groen voeltjie vir ons. Wow! wat ‘n lifer! Ons ry verder tot by Tankwa Padstal. Die eksentrieke “Pit stop”! Koffie is gratis. Hier is die enigste toilet van die dag. Tou staan is geen probleem want ons verwonder ons aan die décor. Die opgestopte bokkoppe beloer ons vanaf die muur, ‘n windmeul kop dien as spieël, die elektriese ligskerms is sardientjie-blikke, die kroegstoele is ou sink baddens wat deurgesaag is, buite in die oopte is ’n deur na die braai, ‘n ou long-drop se sitplek is die “hall stand”! Dit lyk of almal hulle ou plaasgereedskap hier kom uitstal. Daar word voortrekker-kappies en kruie-tee gekoop. Dis ‘n gesellige plek waar die plaaslike boere ‘n knertsie kom maak en kom opvang met die kontrei nuus. Dié padstal is ‘n oase in die Tankwa Karoo. Ons leer wat die naam Tankwa beteken: dis die geluid van die water oor die klippe in die Tankwa rivier.

Skittery Kloof: ‘n Meer gepaste naam hier sal wees “God se Tuin!”. Sjoe, dis mooi, die alwyne toring uit teen die kranse. Paar van ons sien die skaars “Cinnamon-breasted Warbler”. Hy kruip weg onder die rots en ons gaan hou piekniek in die kloof. Hier is 'n hele paar Fairy Flycatchers en Layard’s Tit-babblers. Die mense hang uit. Die Kevin, Margaret en Lee groep eet in styl kompleet met quiches, melkterte, koekvurkies, porselein koppies en suurlemoen-skywe in hul tee. Hierdie voëlkykers is beslis stylvol!

Op pad terug besigtig ons Sothemba Lodge se tent en huisie akkommodasie. Die veldblomme versier die veld met geel, pers en oranje kleure. Ons sluit die dag af met Pierre en Antoinette se smaaklike hoender potjie. Anne Gray gee n interessante verduideliking van die tonteldoos bos en die boesman se kers.

Saterdag: Dit reen! Dit Storm! Die Klondykspan waag dit uit op die modderpad. Ons kuier weer ‘n uur lank by die Tankwa padstal. ‘n Boer kom sê dat die pad is te glad. Gerald besluit ons moet maar omdraai. Jane en Jenny besluit dis pannekoek-weer. Ons koop al die bestandele. Ons motors is onherkenbaar vuil, bruin van al die modder.  Ons besoek weer Skitterykloof. ‘n Black Harrier “display” sonder ophou. Dit maak ons dag. Die son kom uit en ‘n volmaakte reenboog verskyn. Ons ry terug. Skielik is daar mense langs die pad. In die koue? DIT SNEEU! DIT SNEEU!

Jenny en Marié gooi sneeu balle. Juigend ry ons kersiesplaas toe en bak pannekoek. Dis koud maar die gluwein, wit-blitz mampoer, soppie koppie en pannekoek verwarm ons binneste. Sondag: Wat ‘n prentjie! Die wêreld lê spierwit bedek met sneeu. Almal gryp na hul kameras. Jenny, Noël en Marié bou n “rufus-vented snow-bird”: Jenneri Noël. ‘n Lifer!

Almal vertrek huistoe. Ses van ons bly gratis aan by Klondyke vir nog ‘n dag. Ons reis Maandag terug via Tulbagh. Die geel canola-velde, die berge met wit pieke maak dit prentjie mooi. Ons stop honderde kere vir fotos. Wat ‘n naweek!!!!!!!!!!

Marië Joubert


COMMENTS

1102
No current posts. Be the first to post a comment